Ons beplan ‘n groot gemeenskapsprojek en wil dit graag doen ten bate van President Kruger Kinderhuis hier in die Moot.
Ons wil graag julle ondersteuning en betrokkenheid vrae, die plan is om die gemeenskap te betrek deur ‘n braai kompitiesie in die moot vir die Moot. In die selfde asem wil ons ook sommer blootstelling gee aan die besighede in ons omgewing.
Daarom vra ek dat ons dalk hande vat en gebruik maak van die geleentheid, en terselfdetyd ‘n belangrike bydrae maak in die lewens van die kinders in ons gemeenskap. Laaste maar verseker nie die minste nie, ‘n heerlike suksesvolle dag vir die gemeenskap moontlik te maak.
Ons doelwit is om R500 000,00 vir die Kinderhuis die dag in te samel om n nuwe bussie te koop