Skud jou vleis braai
kompetisie
2024
Die grootste braai kompetisie in 2024 kom Moot toe! !
Meer oor die 14de September 2024
Lewendige vermaak deur
As ook
Kinder Vermaak & Spelletjies
Groot Pryse te Wen
Mark Stalletjies
Lekker Vermaak
President Kruger Kinderhuis Pretoria
Die President Kruger Kinderhuis is in Villieria Pretoria en is in 1939 gestig.
Die kinderhuis is geregistreer om 63 kinders te versorg, waarvan die ouderdomme wissel van 2 jaar tot 18 jaar.
Al ons kinders word by ons geplaas op grond van ‘n hofbevel weens trauma verwante oorsake in die
gesin.
So waaroor gaan die Skud jou Vleis Braai Kompetisie?
Die Skud jou vleis braai kompetisie is ’n gemeenskap inisiatief wat deur Karin Wilkens begin is en die groot doel agter die inisiatief is om die President Kruger Kinderhuis te ondersteun en nog bietjie pret ook te hê vir die dag. Alle fondse wat die dag geïn word gaan aan die kinderhuis om ‘n Bussie aan te koop om die kinders mee te vervoer.
Die eerste Braai kompetisie het reeds in 2023 plaas gevind, en was ‘n reuse sukses en ongelooflike pret, Met Crazy Werrie as Seramonie Meester. Ons beplan egter om die jaar baie groter te gaan en baie meer pret te hê, meer fondese in te samel vir die kinderhuis maar om ook ‘n ongelooflike dag saam met die kinder te spandeer.
So kom skryf vandag nog jou span in vir die braai kompetisie of kom maak net die 14de September 2024 ’n draai by Laerskool Voorpos vir ’n ongelooflike dag vol pret en sports, daar gaan kunstenaars wees, speletjies met lawwe pryse, baie om te eet en te drink en sommer vele meer.
Hoeveel dae tot die groot dag
- 00Days
- 00Hours
- 00Minutes
- 00Seconds