Skud jou Vleis Braai Kompetisie 2025
Met betrekking tot die President Kruger Kinderhuis Pretoria en die gemeenskap projek
In 2023 het ’n groep lede van die gemeenskap bymekaar gekom met ’n gedeelde droom – om ’n fondsinsameling ten bate van die President Kruger Kinderhuis in Pretoria te hou. Ons het besluit ons wil iets anders en uniek aanpak… en omdat ons almal hou van braai, is die Skud Jou Vleis Braai Kompetisie 2023 gebore!
Ons het toe ons eerste suksesvolle braaikompetisie gehou en daarin geslaag om ’n wonderlike R47 000.00 in te samel. Dié fondse het ’n tasbare verskil gemaak, en ons is vasbeslote om daardie momentum voort te sit – hierdie keer met die doel om ’n nóg groter impak te maak in die lewens van die kinders by die kinderhuis.
Een van die redes waarom hierdie steun so belangrik is, is omdat die staatsubsidie eenvoudig nie tred hou met inflasie nie. Trouens, dit word jaar na jaar minder. In die 2023/24-boekjaar het die kinderhuis slegs 30% van hul jaarlikse uitgawes van die staat ontvang – wat beteken dat daar net genoeg is vir 4 van die 12 maande.
Jou bydra maak regtig ’n verskil. Dit help om die deure van die kinderhuis oop te hou, ’n hoë standaard van opvoeding en versorging te handhaaf, en ’n veilige en liefdevolle omgewing te skep waar kinders die kans kry om te droom, te groei en hul volle potensiaal te bereik.
Ons organisasie
Die President Kruger Kinderhuis Pretoria is in Villieria Pretoria en is in 1939 gestig.
 Die kinderhuis is geregistreer om 63 kinders te versorg, waarvan die ouderdomme wissel van 2 jaar tot 18jaar. Al ons kinders word by ons geplaas op grond van ‘n hofbevel weens trauma verwante oorsake in diegesin.
Ons visie
Om met die Woord van God as fondament, hulpbehoewende kinders deur middel van ʼn omvattende opvoeding en versorgings program te begelei na ʼn verantwoordbare, ordelike bestaan binne toekomstige gemeenskappe.
Ons missie
Ons begelei en vorm van kinders in ons sorg deur individuele behandelingsprogram wat deur fisiese, geestelike, maatskaplike, terapeutiese en skolastiese versorging, kinders geleenthede te gee om ot hulle volle potensiaal te laat groei
Alex Botha
Bemarker van Die President Kruger Kinderhuis Pretoria
Bemarker@pkkhuis.co.za