AANSOEK OM ‘N ALGEMENE STALLETJIE
Dien jou aansoek hier in om n stalletjie te kan he op ons jaarlikse Braai Kompetisie.
Baie Dankie!
Sluitingsdatum vir aansoeke is 1 Junie 2024. Ons laat weet jou teen 15 Junie of jou aansoek aanvaar is. Indien wel, moet jou stalletjie kostes betaal wees teen 28 Junie indien nie sal jy jou spasie verbeur.
Alle stalletjies is 3 x 3m en sonder krag. R200.00 PER SPASIE
U sal so gou moontlik in kennis gestel word of u stalletjie goedgekeur is.
Neem asseblief die volgende in ag:
- Geen krag kan voorsien word nie.
- Geen alkohol mag verkoop word nie.
- Alle stalletjies wat kos verkoop, MOET aansoek doen vir ‘n COA-sertifikaat vanaf die Tshwane Gesondheidsdepartement.
Handgemaakte, oorspronklike en Braai verwante produkte sal voorkeur kry.
- Uitstallers moet asb tussen 6h00 en 7H00 reeds op die terrein wees.
- Voertuie wat na 8h00 nog op die terrein is sal beboet word.
- Uitstallers mag nie voor 16h00 oppak nie.
- Na afloop van die mark los asb die spasie so skoon soos jy hom gekry het.
- Slegs goedgekeurde produkte mag verkoop word.
- Uitstallers se opbrengse is hul eie.
Ons sien uit daarna om julle deel van die geleentheid te maak. Hierdie fondsinsameling is ten bate van die President Kruger Kinderhuis in Villieria, Pretoria.
Sou enige iemand verdere donasies of skenkings wil gee kontak ons gerus.
Sharon Du Plessis – 082 458 6775 (Whatsapp)
of stuur n E-pos aan sejduplessis@gmail.com