Oor President Kruger Kinderhuis Pretoria

Skud jou Vleis Braai Kompetisie 2024

Met betrekking tot die President Kruger Kinderhuis Pretoria en die gemeenskap uitreiking

Ek skryf hierdie brief met opwinding en hoop, Ons het 2023 ‘n suksesvolle gemeenskap gebeurtenis gehad waar daar ‘n wonderlike R47 000.00 ingesamel is, en ons is vasbeslote om hierdie momentum voort te sit en nog ‘n groter impak te maak ten bate van Die President Kruger Kinderhuis Pretoria.


Een van die faktore wat bydra tot die groter aanvraag na finansiële steun vanuit die gemeenskap is dat die Staatsubsidie eenvoudig net nie byhou by inflasie nie en selfs stadig maar seker per kapitaal minder word. Vanjaar (2023/24) se Staatsbydrae tot ons jaarlikse uitgawes was maar skamele 30% wat eintlik beteken dat hulle slegs voorsien in 4 maande van die jaar.

 
U bydra verseker dat ons, ons deure kan oophou, ʼn volgehoue hoë standaard van opvoeding en versorging kan handhaaf en ʼn omgewing kan skep waarbinne ons kinders tot hul volle potensiaal kan ontwikkel.

Ons organisasie

Die President Kruger Kinderhuis Pretoria is in Villieria Pretoria en is in 1939 gestig.

 Die kinderhuis is geregistreer om 63 kinders te versorg, waarvan die ouderdomme wissel van 2 jaar tot 18jaar. Al ons kinders word by ons geplaas op grond van ‘n hofbevel weens trauma verwante oorsake in diegesin.

Ons visie

Om met die Woord van God as fondament, hulpbehoewende kinders deur middel van ʼn omvattende
opvoeding en versorgings program te begelei na ʼn verantwoordbare, ordelike bestaan binne toekomstige gemeenskappe.

Ons missie

Ons begelei en vorm van kinders in ons sorg deur individuele behandelingsprogram wat deur fisiese, geestelike, maatskaplike, terapeutiese en skolastiese versorging, kinders geleenthede te gee om ot hulle volle potensiaal te laat groei

Alex Botha
Bemarker van Die President Kruger Kinderhuis Pretoria
Bemarker@pkkhuis.co.za